Klim die berge en kry hul goeie tyding.

Die natuur se vrede sal in jou vloei soos sonskyn in bome vloei.
Die winde sal hul eie varsheid in jou waai, en die storms hul energie,
terwyl sorge van jou sal wegval soos die blare in herfs.”

Die NDABA Voetslaanklub doen ±40 staproetes per jaar!

Dit sluit langroetes, naweekroetes en dagroetes in. Die roetes se moeilikheidsgraad verskil om alle stappers te akkommodeer. Kinders mag ook, onder die ouers se toesig en verantwoordelikheid, saam stap. 

Roetebesprekings word vooraf op WhatsApp gedoen en die Stapprogram word maandeliks opdateer en op al Ndaba Stapklub se mediakanale gepubliseer. Indien daar voldoende belangstelling is word gekombineerde roetes byvoorbeeld; stap & roei of stap & kamp ook bespreek.

Nuwe stappers

Nuwe stappers word slegs op lang en moeilike roetes toegelaat wanneer hul reeds twee basiskamproetes en een naweek-rugsakroete saam met die klub gestap het.

Toerusting en kos vir ‘n staproete, is die stapper se eie verantwoordelikheid.
Verdere inligting is beskikbaar onder die Staptoerusting afdeling op die webwerf.

Meer oor die verskillende staproets

‘n Verantwoordelike voetslaner kies ‘n geskikte roete waarvoor hy/sy fiks genoeg is om die roete te geniet. Stappers deel respek en waardering vir die buitelewe en die mooi natuur, hou van avontuur en om aktief te wees en geniet ‘n wegbreek van die alledaagse roetines.

Dagstap en Basisstap

Die is sirkelroetes en dit is nie nodig om al jou toerusting saam te dra nie.

Rugsakroetes

Stappers stap van een hut na ‘n volgende hut en jy dra al jou toerusting saam in jou rugsak.

Slack-Pack Stap

Slack-pack stap is ’n tipe staptog waar jy slegs met ’n ligte dagsak stap, terwyl jou swaar bagasie vir jou tussen oornagpunte vervoer word.

Belangrike Dokumentasie

2025 Stapprogram

2025 Lidmaatskap Aansoekvorm

2025 Nuusbrief

Ndaba Voetslaanklub Grondwet

Ndaba Algemene Jaarvergadering

Die Algemene Jaarvergadering word gewoonlik gedurende Januarie gehou waartydens die nuwe bestuur vir die jaar verkies word. Klubsake en die jaar se aktiwiteite word ook op die geleentheid bespreek.

Ndaba gebruik ook hierdie geleentheid om die jaar se trofeewenners volgens die verskillende kategorie aan te kondig.

Scroll to Top