

MEER OOR STAPROETES
Die beste uitsigte kom ná die moeilikste klimme…

Dagstap en Basisstap
Die is sirkelroetes en dit is nie nodig om al jou toerusting saam te dra nie. Neem net die dag se kos, jou waterbottel, toilet papier en miskien ‘n kamera of klein verkyker saam.
Met basiskamp roetes word daar gewoonlik in die aande braaivleisvure aangesteek. Elke stapper is verantwoordelik vir sy eie kos en vloeibare verversings. Die Stapleier sal waar moontlik, reël vir die vuurmaakhout en aanstekers. Slaapplek is gewoonlik in slaapsale of stappershutte wat met die ander stappers gedeel word.

RUGSAKROETES
Dis wys om alles waterdig te verpak aangesien alle rugsakke nie waterdig is nie!
Stappers stap van een hut na ‘n volgende hut en jy dra al jou toerusting saam in jou rugsak waarin die basiese toerusting soos klere, slaapsak, flits, kastrolletjie, gasstofie, kos, ens. gepak word.

Slack-Pack Stap
Slack-Pack maak die ‘n staptog baie makliker en meer genotvol,
omdat jy nie die gewig van ‘n volle rugsak hoef te dra nie.
Slack-pack in Suid-Afrika is staproetes waar jou bagasie vir jou vervoer word van een oornagplek na die volgende. Dit beteken jy hoef net ’n dagsak met die noodsaaklike items soos water, versnaperinge, en ‘n reënjas te dra, wat die stap baie ligter en gemakliker maak. Hierdie tipe staptogte sluit dikwels gemaklike verblyf en etes in.




