Riglyne vir ‘n Stapper
Die pad na jouself begin met ‘n stap in die natuur…
Hoe word ek ‘n stapper?
Baie mense wil graag stappers word, maar kom nooit so ver om ooit ‘n stapper te word nie.
Wel, wat is ‘n stapper ? Iemand wat elke oggend vir ‘n wandeling gaan is ook ‘n stapper, maar dit is nou nie regtig ‘n stapper wat voetslaanroetes stap nie. Dit bring ons nader aan wat ‘n stapper (voetslaner) werklik is.
‘n Werklik stapper (voetslaner) is:
buitelewe, mooi natuur, avontuur, aktief wees, en sommer net wegbreek van alles.
As dit is waarvan jy hou, word ‘n voetslaner en stap voetslaanroetes.
Hoe begin ek?
Kry jouself so ver en neem ‘n besluit en begin sommer vandag deur ‘n voetslaanklub te kontak. Vra wat is ‘n maklike roete en bespreek deur te betaal vir die roete.
Vir ‘n beginner is dit die beste om met ‘n basiskamp roete te begin, want jy het min toerusting nodig. Moenie dadelik alle toerusting koop nie. ‘n Basiskamproete kan sonder ‘n rugsak gestap word, jy kan ‘n naweektas inpak en miskien ‘n koelhouer of boks vir jou kos. Jy het gewoonlik nie jou eie gasstofie nodig nie aangesien baie plekke ‘n gasstoof het, of maak gebruik van die kampvuur. As jy nie ‘n slaapsak het nie kan jy vir jou ‘n laken en ‘n kombers saam neem. Daar is gewoonlik die een of ander vorm van kampbed of matras beskikbaar in die basiskamp.
Jy kan selfs sonder stewels (“boots”) stap, gebruik jou sport skoene soos byvoorbeeld “nike” of “addidas” ens. Ja, dit is goedgenoeg, ek gaan stap self ook soms met my drafskoene (“asics”) al het ek al ‘n hele paar stelle stewels moeg geloop. Jy sien, jy kan jou eerste roete gaan stap sonder om enige toerusting te koop. Wat baie handig is om saam te neem, is ‘n flits.

Hoe ver stap ‘n mens?
Vra die persoon by wie jy die bespreking doen hoe ver dit is en hoe moeilik dit is. Is daar dalk enige steiltes of afgronde ens. Vir jou eerste roete, kies ‘n roete wat nie langer as 12 km op ‘n dag is nie.
Met ‘n basiskamproete sirkel die roete en slaap jy weer waar jy begin het. Enige gemiddelde mens kan 12 km op ‘n dag stap selfs al is jy nie fiks nie. As jy dit in ses ure stap loop jy teen 2 km per uur, wat baie stadig is, so as jy 08:00 uur begin stap en jy rus vir een uur langs die pad, is jy weer teen 3 uur terug by die kamp. Maklik, ne. Die gemiddelde tempo waarteen gestap word, is 3 km per uur.
Moenie te stadig stap en drentel nie, maar stop by die mooi plekke, haal die rugsak af en geniet dit. Ons stap om die mooi natuur te geniet, maar ook om ons liggame gesonde oefening te gee. Handhaaf ‘n goeie balans. Probeer om nooit te laat by jou eindpunt (kamp of hut) aan te kom nie. ‘n goeie tyd is 16:00. Dit laat jou genoeg tyd om die plek te verken en slaapplek te kry en jou kos voor te berei, terwyl dit nog ligdag is.
Die gemiddelde staproete is 14 km per dag, maar dit kan so vêr wees as 22 km (dag 5 op die Swellendamroete). As jy in die wildernes stap bepaal jy self hoe ver jy wil stap, maar hou by bogenoemde gemiddelde. Verder kan ‘n roete van een dag tot soveel as 8 dae wees (Naukluft). Die mees gewilde is natuurlik die twee dae naweek roete.