

RUGSAK Staptoerusting
In die stilte van die berge fluister die siel…
Rugsak inligting

Dagsak
Daar is nie veel vereistes vir ‘n dagsak nie, gewoonlik word dit net gebruik vir die dag se kos, water en ‘n paar ekstra items.
Enige tipe is goed genoeg, maar die met ‘n binne-raam, ‘n borskasgordel en heupgordel is gemakliker en gee meer stabiliteit.

Oornagrugsak
Die oornagrugsak is ‘n baie belangrike deel van ‘n voetslaner se toerusting. Alles wat jy benodig vir ‘n oornagstaproete word in jou rugsak gedra:
permitte, kaarte, klere, slaapsak, kos, water, stofie, Eetgerei, toiletbenodigdhede, ekstra warm klere, reënjas, swemklere, noodhulp, basiese noodtoerusting, flits, ens.
Hoe om jou rugsak te pak
Die beste keuse is ‘n binneraam-rugsak wat pas by jou bou en liggaamsgrootte en geskik is vir die roete wat jy aanpak.

grootte van rugsak
Lengte van Rug:
Meet met ‘n maatband die lengte van jou rug tussen die bokant van die heupe en onderkant van die skouers.
Belangrik!
Die maatband moet nie styf gespan wees nie, maar moet die kurwe van jou rug volg. Dit maak dit ongeveer 2cm langer. Die binneraam van jou rugsak gaan die kontoer van jou rug volg.
Lengte van Rugsak:
Voel aan die rugsak, daar is 2 aluminum stawe ingebou. Meet die lengte van die stawe alleen. Die totale rugsak sal langer wees.

GEWIG VAN RUGSAK
Die ideale gewig van jou staprugzak hang af van ‘n paar faktore, insluitend die lengte van jou staproete, die terrein, en jou liggaamsgewig.
Dagstappe: 4.5-9 kg
Oornag of Meerdaagse Stappe:
20-30% van jou liggaamsgewig
Wenke vir Gerief en Veiligheid:
Prioritiseer noodsaaklike items
(water, kos, skuiling, klere).
Versprei die gewig eweredig
vir beter balans.
Toets jou rugsak op korter stappe
om seker te maak dit is gemaklik.

Pak van onder af na bo!
Afdeling D – Ligte gewig toerusting:
Gereeld benodig soos sonskerm, versnaperinge, koplamp, toiletpapier, ens.
Afdeling C – Ligste gewig toerusting:
Pak handdoeke en klere, ens.
Afdeling B – Swaar gewig toerusting:
Hidrasieblaas, kookware, kos en ander swaar kampvoorrade.
Afdeling A – Medium gewig toerusting:
Enigiets wat nie nodig is nie totdat jy die kamp bereik het nie soos byvoorbeeld slaapsak.




