

Die Stapleier se funksies
Laat jou spore agter, maar neem net herinneringe saam…
‘n Stapleier word aangestel vir elke bespreekte staproete.
Die Stapleier mag, op eie diskresie, die stapgroep verdeel (vinniger of rustiger stappas) om elke voetslaner te akkommodeer.

- Maak seker almal is toegerus en fiks vir die roete, veral vir lang en moeilike roetes.
- Stuur die permitte en alle roete-inligting na die stappers op die stapperslys.
- Doen ‘n deeglike roete-beplanning sodat elke dag optimaal benut kan word deur die skep van geleentheid vir gereelde ruskanse, die monitering van die staptempo en tyd sodat almal voor donker veilig by die bestemming kan aankom.
- Neem die groep-dinamika in ag deur vinniger of rustiger stappers te akkommodeer na gelang van die roete se vereistes.
- Wissel die posisie in die groep af deur soms voor te stap om rigting aan te dui, maar sal meestal agter stap om seker te maak dat ‘n gemaklike pas gehandhaaf word en almal veilig is.
- Waar nodig, stel ‘n verantwoordelike stapper aan om die agterhoede te dek.
- Na afloop van die stap, stuur die kilometervorm na ledestats@ndabavoetslaan.co.za.
- ‘n KORT verslag, in Word formaat, met foto’s apart, moet na media@ndabavoetslaan.co.za gestuur word.
- Lede moet, soos hulle onderneem op die “Aansoek om lidmaatskap” vorm, die Stapleier se besluite en versoeke ten alle tye gehoorsaam en respekteer.




